Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Inisiasie" deur CHARL-PIERRE NAUDE
"Inisiasie" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #49327] Ma, 03 September 2001 01:47
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Inisiasie
Charl-Pierre Naudé

Dit was op een van daardie dae wanneer,
so meen sommige mense, niks gebeur nie.
Niks het op die hoewe beweeg nie
behalwe onbespeurbaar, die aarde.
In die verte was die smeulende geweerlope
van 'n steengroef se gruishope.
Ek onthou hoe helder die venster
se skaduwee op die vloer lê,
die beklemmende slaap daarna:
realiteit en droom is twee emmers
van dieselfde waterdraer.
In die middag en my droom se gedeelde halflig
moes ek heidense maskers aanpas,
oorspronklikes van my eie vervalste gesig.
Die kussing se rooster was in my gesig afgedruk soos vlerke,
toe ek wakker skrik en vaskyk teen my muurplakkaat
van 'n Afrika-gesig met diep inisiasiemerke.
Vorige onderwerp: "In die katkisasie-klas" deur A.G. VISSER
Volgende onderwerp: "Koper, kapel" deur CHARL-PIERRE NAUDÉ
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 10:53:20 MGT 2024